Info

Alles wat jy van my moet weet.  Ek is:

  • 26, manlik, nie voorheen benadeeld nie
  • ‘n boekwurm
  • ‘n fliekvlooi
  • trigger happy
  • nie meer ‘n Voortrekker nie
  • nie net in staat om ‘n kaaskoek te bak nie, maar bereid
  • lief vir die teater
  • in ‘n verhouding met Koch
  • bang vir visse
  • en lief vir skryf – vandaar die blog

Wanneer ek nie lê en dagdroom oor blogposts nie, is ek moontlik haastig op pad klas toe, haastig op pad werk toe of haastig op pad biblioteek toe.  Op pad huis toe sleep ek egter my voete.

Hierdie blog is ‘n platform vir my passies, ‘n uitlaatklep vir die bietjie kreatiwiteit wat ek aan die kook hou en, noodgedwonge, een manier om my te dwing om te skryf en nie net heeldag aan skryf te dink nie.

In die tye wanneer ek nie blog nie, werk ek by Exclusive Books se Stellenbosch-tak as ‘n vriendelike slawedrywer.  Ek is steeds ‘n student en besig met ‘n Honneursgraad in Afrikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.  Dis ook waar ek deeltyds vir tweedetaal eerstejaars leer hoe om “regisseur”  te spel en wat ‘n betreklike voornaamwoord is.

Kommentaar op hierdie blog is welkom, maar nie ‘n vereiste nie.  Lesers kan ons op Facebook volg like vir gereelde Afrikaansvatter-nuus.

Wil jy nog iets weet?  Kontak my.  Of lees die omsendbriewe.  Dis soos Facebook status-updates, net langer.

In ‘n poging om weer ‘n joernaal te hou, probeer ek om elke dag aan vyf dinge te dink wat vir my besonders was.  Elke week skryf ek neer wat ek gesien, gehoor, geruik, gevoel en geproe het:

Afrikaansvatter is ook die tuiste van kompetisies elke dan en wan.  Vir meer inligting, kliek op die onderstaande posts: