’n Rit tot in die ander kant

Die keer toe ons by Kerkorrel was

 “Hoekom sit mense altyd wit kruise op grafte?  Ek’s te fokken onheilig daarvoor.  Ek sal seker maar moet settle vir ‘n houtkruis.”  Lee sê dit matter-of-factly.  Dis ’n grys dag en koud en niemand antwoord vir Lee nie, maak net jasse digter en draai serpe stywer.  “Dit moet nou net begin reën,” onderbreek Maryke die stil oomblik.  Dan volg nog enkele minute van niks behalwe die weer nie.

Aanvanklik het ons nie geweet waarheen Maryke ons vat nie.  Sy het ons in die ou Peugeot Stasiewa kom oplaai en te vinnig om draaie gegly.  Skielik briek getrap en vir Lee gevra om drie blomme te pluk.  “As jy nou vir my wegry…” dreig Lee, verniet, want gou is op die R44 met Stellenboschberg links van ons.

Maryke loop eerste die begraafplaas in, maar sy kan nie heeltemal onthou waar hy lê nie.  Dis winter en Somerset-Wes word oorval met wind en wolke – ’n perfekte dag vir ’n besoek aan Ralph Rabie se graf.  Ons praat nie juis om sy graf nie, dis ’n heilige oomblik as elkeen ’n blom op die graniet neerlê.  Ek probeer op die wysie van “Al lê die berge nog so blou” kom, maar dis “Die ander kant” wat my kop sing.

“Dit moet nou net begin reën,” onderbreek Maryke die stil oomblikke.  Dan, asof sy dit gespreek het, word die hemel hartseer en huil en ons hardloop vir die hek wat skielik nie meer bestaan nie.  Hygend en histeries haal ons die kar – windverwaaid, deurdrenk en koud soos die dood.

Ek was nog nooit terug nie, al weet ek vandag baie meer van Johannes Kerkorrel en sy ikoniese bydrae tot dit wat Afrikaans is.  Vandag onthou ek daardie besonderse nat en koue dag toe ons jou graf besoek het.  Vandag weet ek wat jy bedoel as jy sê dat ons nooit weer terugdraai nie.

Lank lewe Ralph Rabie.  Kunstenaars sterf nooit werklik nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s