’n Besoek aan die Broederbond

Rugbyballe en breiwerk op Kaapstad se kunsfront

Vroeër hierdie week was ek by die opening van ’n uitstalling deur UNISA se Visuele Kuns-finalejaars.  Dié uitstalling, wat tot 17 November in die Lovell-galery in Woodstock te sien is, bied ’n interessante kunservaring vir almal en bevat onder andere die werk van ’n vriend van my, Pierre le Riche.

Die eerste ding wat mens opval as jy by die galery instap, is ’n kleurvolle installasie getiteld “The rainbow room”.

Dit vorm deel van Le Riche se uitstalling “Broederbond” waar hy meer as 16 000 meter se wol inspan, hetsy deur installasie, breiwerk en performance.  Laasgenoemde word uitgebeeld deurdat Le Riche self in die rainbow room sit en brei – dit bied ’n wonderlike geleentheid vir die kunstenaar om die kunsliefhebber te ontmoet en aan te spoor tot verandering deur vriendelike aktivisme.  Behalwe vir die banke wat in neonpienk wol toegebrei is, is daar ’n televisiestel (in dieselfde pienk) waarop die epiese 1995 Rugby Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland afspeel.  Die band tussen Afrikaner manlike hegemonie (d.w.s. die heersende tendens onder dit wat ons as “manlik” beskou) en homoseksualiteit (veral dit wat met “moffies” geassosieer word) word verken.

’n Persverklaring op Facebook bied die volgende agtergrond:

Broederbond investigates the history of Afrikaner masculine hegemony in an attempt to validate the acceptance of homosexuality in Afrikaner culture. The body of work does not use vigorous activism to promote change, but rather becomes an activism that invites the viewer to grow. Le Riche’s art strives to open discussion among Afrikaners, and South Africans, about homosexuality in an attempt to strengthen cultural bonds and to promote cross-cultural acknowledgement and brotherhood.

Behalwe vir die breiwerk, bied Le Riche ook ‘n interessante selfportret wat in resin gegiet het.  Ook hierdie portret word in ‘n toegebreide raam geplaas en daag die kyker uit om deur die verskillende lae van menswees te kyk.

Die ander kunstenaars wat uitstal, is Zyma Amien, Noeleen Kleve, Heidi Mouret, Mem Sevenster en Ingrid Bolton.  Bolton is ook aangewys as die wenner van die 2012 Sasol New Signatures-kompetisie met haar werk getiteld “Un(sea)n”.

Vir meer inligting oor die uitstalling, kliek hier.  Besoek gerus hierdie albums op Facebook vir foto’s en inligting oor die kunstenaars se werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s