Die geval van die gunsteling band

Small talk among the Stars

Dis die een vraag wat ek regtig haat.  “Wat is jou gunsteling band?”

Wanneer dit gevra word, is jy, of:  a) op ‘n eerste date, b) sopas voorgestel aan vriende van vriende se vriende of c) besig om met jou studieleier oor alles behalwe jou tesis te praat.  Hopelik nie al die bogenoemde gelyk nie.

Hierdie onskuldige vraag is deesdae deel van kakpraat se intieme binnekring en word slegs getroef deur gesprekke wat om die weer wentel.  Maar anders as praatjies wat op aardverwarming en die daarmee gepaardgaande dooie ysbere uitloop, kan hierdie antwoord heelwat van jou laat blyk.  Dis sekerlik die rede waarom musieksmaak so ‘n gewilde onderwerp is wanneer daardie eerste warm koppie ongemak tussen Boet en Saartjie (of Boet en Bertus) gedeel word.

Ek is deel van ’n musikale gesin:  My pa speel klavier soos Billy Joel en my ma sing soos Billy Joel se muse.  Selfs my broer, op die ver-kant van die toonleer, sit agter die dromme in ’n band wat vir die wederkoms kan open.  Ek?  Ek speel radio.

Tog luister ek graag musiek en is daar eenvoudig te veel “gunstelinge” om net een uit te sonder.  My musieksmaak is berug; daar is sonder twyfel ‘n rede waarom my vriende my nooit vra om te DJ nie.  Coldplay deel die verhoog van my Windows Media Player met Die Melktert Kommissie voordat Glee se show tunes oorneem.  Soms besing Laurinda Hofmeyr die lof van Breyten en ander digters.  ’n Keer of wat sing Shania Twain en Celine Dion duette (maar dit gebeur min, so don’t judge me).  Uiteindelik Enter die Ninja nadat Bach en Debussy op Piazzolla getango het.

“Maar, as jy nou een moet kies, gun to your head, wat sal dit wees?”  Um.  Gee my eerder die geweerskoot.

Tog, daar is een groep wat meer gereeld in my ore dans.  Behalwe vir That Don’t Impress Me Much, Shania en Celine my heart does not have an off-button, het Kanada ook ander musikale uitvoerprodukte wat meer onlangs verpak is.  En Stars is right up there.

Stars is ‘n Kanadese indie pop band wat sedert 2000 hand aan die kitaar slaan, maar steeds relatief onbekend is in die grootste deel van die wêreld.  Ek het met hulle kennis gemaak toe ek in my eerstejaar in ʼn Engels 178-klas na een van hulle liedjies moes luitster.

Sedertdien is hulle ʼn klein geheim wat ek in my ore bêre.  Ek sluit ʼn paar links in sodat jy kan saamluister.  Kyk gerus na die oulike animasie wat “Tonight” vergesel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s