Die vreeslike mooi verlies

Song of Achilles deur Madeline Miller

“Books make great gifts because they have whole worlds inside of them. And it’s much cheaper to buy somebody a book than it is to buy them the whole world!”
― Neil Gaiman

Neil Gaiman het iets beet met dié gedagte, want boeke sluit beslis die deure na ander wêrelde oop.  Maar meer as dit nog:  Dieselfde bos sleutels start dikwels die tydmasjiene van ons verbeelding en uiteindelik is ons ook nie meer tot liniêre ruimte beperk nie.

’n Boek wat dit (absoluut moeiteloos) regkry om lesers tot in die Griekeland van helde en gode te voer, is Madeline Miller se The Song of Achilles.  Hierdie boek, Miller se eerste, het met die 2012 Orange Prize for Fiction-lourierkrans weggestap, ’n gesogte literêre prys wat vir die beste boek deur ’n vroulike skrywer toegeken word.  Vorige wenners sluit in Téa Obrecht se The Tiger’s Wife en Lionel Shriver se We Need to Talk About Kevin.

Uit die titel lei mens reeds af dat dié storie om die bekende Griekse held Achilles (van Brad Pitt-faam) draai.  Dit is ’n storie so oud soos die geskiedenis self, eerste (?) oorvertel deur Homeros in sy epiese gedig die Illiad.  Ook Shakespeare skryf oor Achilles in sy tragedie Troillus and Cressida, wat van verdoemde liefde en die stryd om Troje vertel.  Vandag is Achilles deel van die volksmond met die spreekwoord “iemand se Achilleshiel” wat dui op ’n persoon se kwesbare plek.

Anders as in die titel, is dit nie Achilles wat aan die woord is nie, maar sy jeugvriend en minnaar,  Patroclus.  En “minnaar” gebruik ek geregtelik, want ten spyte van Hollywood se wanindruk dat Brad Pitt se Achilles ’n rokjagter was, blyk dit uit hierdie puik vertelling dat daar ’n dieper band tussen Patroclus en Achilles was.

Die storie begin met jeugherinnering wat opgeroep word; Patroclus vertel van sy ballingskap in die hof van koning Peleus en die vrees vir die godin Thetis, maar ook van die ontmoeting met dié ouers se seun, Achilles:  “His presence was like a stone in my shoe, impossible to ignore” deel Patroclus met die leser.  Uiteindelik word Patroclus en Achilles ’n voortydse Dawid en Jonatan, en van die mooiste dele van die boek speel af op Pelion, ’n berg waar die twee tieners deur die sentour Chiron onderrig word.  Die beskrywing van hierdie perdmens is besonders – nog nooit het ek so diep oor dié kreature gedink nie.  Chiron word een van daardie onvergeetlike karakters wat jy baie graag weer met die omblaai wil sien.  “You can use a spear as a walking stick, but that will not change its nature” leer hy vir Achilles.

Dis ook hier op Pelion waar die liefdesverhouding tussen Patroclus en Achilles tot duidelikheid deursypel.  (Ek sluit ’n uittreksel hiervan aan die einde van hierdie post in.)

Maar waarom ’n boek lees as jy die einde reeds ken?

Miller se gemaklike vertelstyl is ’n bries vars seelug, haar metafore so helder soos die Egeïese See en uiteindelik lees die boek vinniger as trireem in volle vaart.  Haar hoofkarakter word nie met presiese detail geskep nie en gevolglik moet jou verbeelding self ’n portret van Patroclus skep, maar deur sy oë sien ons ’n wêreld wat met ’n besonderse fyn nuanse waargeneem word.  Wat dié boek so goed laat werk, is Miller se vermoë om haar metafore binne Patroclus se bekende wêreld te hou.

Miller lei haar lesers op ’n slim manier om die bos.  Ons weet dat Achilles einde ten laaste op die strande van Troje sal sneuwel, maar in die middel van die boek weier die held om te gaan.  Hy kies sy vriendskap met Patroclus bo die bestaan van sy noodlot, ten spyte van die wete dat die goddelikheid in hom kan vergaan.  En tog reis hy saam tot in die skaduwee van Troje se manjifieke mure, Patroclus nooit ver van hom af nie.  Hier begin ’n pragtige, pynlike ervaring wat in die wete van ’n eerbare en gewelddadige dood gewortel is:  “I lay back and tried not to think of the minutes passing.  Just yesterday we had had a wealth of them.  Now each was a drop of heart’s blood lost.”

Wat uiteindelik van Miller se skryfwyse verras, is haar haarfyn beskrywing van die ingewikkelde gevoelens tussen Patroclus en Achilles.  Ek is altyd versigtig as ek die (homo)erotiese sy van hierdie boek aan klante van Exclusive Books uitwys, veral in die lig van die nog-maar-eng Afrikaaner-konservatisme.  Tog gee Miller haarself nooit oor aan ’n stereotipe nie.  Oor haar keuse om juis oor die verhouding tussen die twee mans te skryf, sê sy die volgende:

I stole it from Plato! The idea that Patroclus and Achilles were lovers is quite old. Many Greco-Roman authors read their relationship as a romantic one—it was a common and accepted interpretation in the ancient world. We even have a fragment from a lost tragedy of Aeschylus, where Achilles speaks of his and Patroclus’ ‘frequent kisses.’ There is a lot of support for their relationship in the text of the Iliad itself, though Homer never makes it explicit. For me, the most compelling piece of evidence, aside from the depth of Achilles’ grief, is how he grieves: Achilles refuses to burn Patroclus’ body, insisting instead on keeping the corpse in his tent, where he constantly weeps and embraces it—despite the horrified reactions of those around him. That sense of physical devastation spoke deeply to me of a true and total intimacy between the two men.

Die aakligste deel van die boek is dat die einde jou veel vinniger inhaal as waarop jy gereken het.  Dit oorval jou soos ’n leër wat stormloop en die laaste paar hoofstukke sny soos ’n swaard deur sleutelbeen.  Wat oorbly is ’n ervaring van intense verlies – nie net omdat Patroclus en Achilles dit beleef nie, maar omdat jy self ook van hulle moet afskeid neem.  Nog nooit was dit vir my so moeilik om ’n boek wat ek klaar gelees het, neer te sit nie.  Selfs in die bloedigste oomblik kleef daar ’n poëtiese stof aan Miller se skryfkuns:  “I could not even see the ugliness of the deaths any more, the brains, the shattered bones that later I would wash from my skin and hair.  All I saw was his beauty, his singing limbs, the quick flickering of his feet.”

The Song of Achilles is een van daardie raar boeke wat altyd op jou bedkassie sal wees.  Dit bied ’n ongekende leeservaring, weer en weer.

’n Lusmakertjie:

I began to go off by myself, early in the mornings, when Achilles still slept, or in the afternoons, when he would practise his spear-thrusts.  I brought a flute with me, but rarely played it.  Instead I would find a tree to lean against and breathe the sharp drift of cypress-scent, blown from the highest part of the mountain.

Slowly, as if to escape my own notice, my hand would move to rest between my thighs.  There was shame in this thing that I did, and a greater shame still in the thoughts that came with it.  But it would be worse to think them inside the rose-quartz cave, with him beside me.

It was difficult sometimes, after, to return to the cave.  ‘Where were you?’ he’d ask.

‘Just –’ I’d say, and point vaguely.

He’d nod.  But I knew he saw the flush that coloured my cheeks.

The Song of Achilles is beskikbaar in alle goeie boekwinkels.

2 thoughts on “Die vreeslike mooi verlies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s