Welkom, Kansvatters!

Dieselfde Afrikaansvatter (net baie anders)

Afrikaansvatter dra deesdae ’n ander baadjie.  Dié verandering kom moontlik weens ’n skuldgevoel dat ek die blog bietjie afskeep, maar beslis as gevolg van ’n onlangse gesprek wat ek met ’n blogger gehad het.

“Skryf elke dag.  Al is dit net ’n foto wat jy post.  Doen dit vir jouself, nie vir jou lesers nie.”

Uiteraard is dit nie altyd vir my moontlik om te post nie, en my lesers ís vir my belangrik.  Daarom hierdie poging om, ten minste elke dag van die week, iets te post.  En waarom nie met ’n nuwe look (wel, soortvan)  begin nie?

Wat is nuut? 

  • Die grootste verandering is die insluiting van ’n tuisblad wat weekliks bygewerk word.  Hier sal jy kan sien wat beplan word, asook maklike toegang verkry tot die bladsye waarop die nuutste posts, inligting oor die blog, kontakbesonderhede en die argief (ook nuut) verskyn.  Kliek gewoon op die groot maroen knoppies.  Om by die tuisblad terug te kom, kliek gewoon op die knoppie met die huisie.
  • Die blog se adres het ook verander.  Dit is nou www.afrikaansvatter.wordpress.com en nie meer http://www.smjnr.wordpress.com nie.  Ek dink daaraan om die “wordpress” deel te laat vaar en, sodra dit gebeur, verkondig ek dit wyd en syd.
  • Die bestaande bladsye waar ek my belangstellings lys, bly onveranderd.  Ek het wel “reis” bygevoeg en skryf later in die week meer daaroor.  Daar is wel vir elkeen van dié belangstellings ’n klein knoppie op die tuisblad om vinnige en maklike toegang daartoe te verleen.

Die kwessie van ’n logo

Nadat ek lank daarmee gespeel het, het ek uiteindelik op ’n logo vir Afrikaansvatter besluit:

Die aanvanklike logo was heel professioneel, maar heeltemal te ernstig.  Die tweede poging het aan kleuterskoolkuns herinner.  Uiteindelik het ek op dié een besluit.  Ek wou speel met die idee van emoticons [🙂  :/  :> ] maar is bevrees dit lyk vir my meer en meer soos die snawel van ’n voël.  (What has been seen, cannot be unseen…)  In daardie geval sal ek blitsig een of ander simboliese waarde vir hierdie valk moet vind.

Wat dink jy van die logo?

Die Afrikaansvatter Facebook 200-likes Kompetisie

Ek het nie van die kompetisie vergeet nie, maar het wel besluit om dit effens aan te pas.  Nie net sal een gelukkige leser ’n R200 Exclusive Books-geskenkbewys ryker wees nie, maar daar is ’n tweede en derde plek ook wat onderskeidelik R150 en R100-vouchers wen.  Al wat jy hoef te doen om vir dié lucky draw in aanmerking te kom, is om Afrikaansvatter op Facebook te like.  Die trekking vind plaas sodra daar 200-likes is.  ‘n Lys met persone wat reeds kwalifiseer, verskyn hier.  [Hierdie lys word in die week bygewerk, so wees gerus indien jou naam nog nie daarop is nie.]

Dis dit vir eers.  Sterkte vir die Maandag!

NS  Ek sien daar is iets nie lekker met die header nie.  Ek hoop dit is gou reg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s