’n Sintuiglike week 2

’n Visuele week

Dis week 2 van my poging om my lewe te onthou en, omdat ek relatief deur my werk verswelg word, is dagboekhou die laaste ding waarvoor ek tyd het.

Dit was egter ‘n opwindende visuele week:  Donderdagaand was die tweede Fiestas-toekenning en die verhoogproduksie met regie deur Jaco Bouwer was besonders.  Die stel het hoofsaaklik uit karton bestaan wat deur verskillde skakerings blou belig is.  Die teenwoordigeheid van reuse Pierneefboom-sillouette was ook treffend.  Die geleentheid leen hom natuurlik daaraan toe dat ons heelwat bekendes gesien het.

Ek en Koch het ook Saterdagaand “Vagina Dentata” in die HB Thomteater gaan kyk.  Ook dit was ‘n belewenis, maar daaroor blog ek later.

Hierdie week se 5 sintuie:

20-26 Feb 2012

Jaco Bouwer se stelontwerp by die Fiestas.  Dat ‘n mens so baie uit bokse kan maak…

 

Die laaste monoloog tydens Vagina Dentata toe daar vir Token, ‘n swart vrou wat deur ‘n winkelpop verteenwoordig word, gevra is om te vertel van die keer toe sy verkrag is.  Oorverdowende stilte.

 

Die skoon reuk van wasgoed wat my groet toe ek Saterdagmiddag ná werk by die woonstel instap en ontdek dat Koch vir skoon klere gesorg het.

 

Die sagte materiaal wat om my vingers vou as ek Koch se das vir hom knoop.

 

Die bitter smaak van bierskuim toe ek Vrydagmiddag saam met Conrad Brazen’s toe is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s