Moerse Moeg Maandae

Die opwindende (en uitputtende) eerste deel van my Happiness Project waarin ek vertel hoekom ek ná hierdie absolute uitmergelende Maandag steeds gaan draf het

Ná Valentynsdag mag mens maar van nuwejaarsvoornemens praat sonder om te onoorspronklik te klink.  Die grootste meerderheid het opgehou oefen, weer begin rook of dink al aan iets anders wat hulle oor 10 maande gaan begin probeer.

Ek het nog nooit in new year’s resolutions geglo nie.  Vir my was dit makliker om elke oujaar 10 goed te lys wat ek in die nuwe jaar sou wou hê.  Dan kon ek op my gemak heeljaar deur op die toe-eiening daarvan fokus.  Maar ook dié benadering het gefaal – en goddank, want een jaar was ’n nipple piercing nommer 6 op my lys.

Ek is ook nie een wat van die New York Times se Bestseller’s List die tien gebooie maak nie.  Daarom was ek nie juis geïnteresseerd toe ek sien dat Gretchen Rubin se The Happiness Project  op dié gesogte lys koning gekraai het nie.  Meer as dit – die dealbreaker as jy wil – dit is ’n self-help boek.  En ek doen nie self help as ek dit self kan help nie.

The Happiness Project

Toe ek en Koch in Amerika was, het ek dié boek op talle rakke gesien – die NYT het heelwat invloed, dis waar.  Iemand beveel dit in ’n swaar Boston-aksent aan en toe ons terug is, koop ek dit vir my.

The Happiness Project se subtitel is as volg:  Or, Why I spent a Year Trying to Sing in the Morning, Clean My Closets, Fight Right, Read Aristotle, and Generally Have More Fun.  Die inhoud is netjies oor 12 hoofstukke ingedeel en elkeen bied ’n bespreking van een van Ruben se 12 nuwejaarsvoornemens, wat sy dissiplines noem.  Dis slim geskryf, vol humor en deurspek met pittige wyshede.  Boonop is die boek goed nagevors.  Dit is nie net een persoon se soeke na geluk nie, dis ’n versameling van komplekse teorieë oor die abstrakte en heeltemal te filosofiese begrip happiness, maar geskryf in Engels wat nie ’n woordeboek vereis nie.  (So tussen ons – wat sal ’n gepaste Afrikaanse vertaling wees?  Geluk? Gelukkig?  Gelukkigheid?)

Hierdie is egter slegs ’n review in progress.  Ek is van plan om dit maand vir maand te lees en self my eie blydskap na te jaag.  Anders as Rubin, gaan ek nie ’n aparte blog vir my Happiness Project begin nie, ek gaan dit dan en wan hier deel.  Ook anders as Rubin, gaan ek nie haar 12 dissiplines soos wet volg nie – ek gaan my eie uitdagings bedink en self daarmee suffer.  En, anders as wat ek sou wou, moet hierdie geluksoektog ongelukkig in my spaartyd plaasvind.  En dis iets waarvan ek min het.

Terugvoer:  Januarie

Omdat ek vanjaar besiger as ooit is, het ek dit goed gedink om vir Rubin te plagieer en in Januarie ook op ’n Energy Boost te fokus.  Hier volg die voorstelle wat sy maak (gevolg deur my kommentaar):

  • Go to sleep earlier (“Yeah right, asof dit vir hierdie nagwolf moontlik is!” is wat ek gedink het, maar glo dit of nie, dit IS makliker om vroeg op te staan as jy vroeg gaan slaap het.  Ek probeer om deesdae teen 23:00 in die bed te wees en teen middernag te slaap.  Dit werk.)
  • Excercise better (Dis nie dat ek oefening haat nie, maar ek haat dit om met enige oefening te begin.  Rubin se goue raad is “Always exercise on a Monday” en “Exercise for sanity, not vanity”.  Hoe dit werk, weet ek nie, maar in weke waar ek op die Maandag gaan draf het, het ek Woensdae en Vrydae ook gegaan.  Ek het een keer ’n Maandag gemis en, wel, eers weer die volgende Maandag gegaan.  Dáárom het ek vanaand, ná werk, my tekkies aangetrek en Die Heuwels Fantasties in my ore gesit.  Dit werk.)
  • Toss, restore, organize (Omdat ek en Koch eers in Desember ingetrek het, het ek gedink daar is nog te min om te toss, te restore, te organize.  Maar deesdae plak ek als wat rondlê op my lessenaar.  Fail.)
  • Tackle a nagging task (Um, ek plak deesdae als wat rondlê op my lessenaar… Fail.)
  • Act more energetic (Hieroor moes ek eers bietjie dink, en alhoewel dit sielkundig moontlik ’n positiewe uitwerking kan hê, het ek net weereens besef dis onmoontlik om vir jouself te lieg.  Wanneer ek moeg is, is ek moeg.  Daarom vervang ek hierdie een met “staan op as die wekker afgaan”.  Ek sê weer:  Nagwolf.  Daarom:  Epic Fail.)

Om op te som

Ek lees vanjaar Gretchen Rubin se #1 New York Times Bestseller The Happiness Project.  Dit lê nie op my bedkassie omdat ek ongelukkig is nie, maar eerder omdat hierdie aanhaling van die Franse skrywer Colette my inspireer:

 “What a wonderful life I’ve had!
I only wish I’d realized it sooner.”

My ultimate nuwejaarsvoorneme is om in 2012 ’n nuwe waardering vir my lewe te hê.  Die groot vraag is steeds of ek ná my Energy Boost Januarie meer energie het?  Nee, nie regtig nie.  Maar ten minste gaan draf ek nog op Maandae.  En omdat ek dit regkry, is daar hoop vir my wekker-dood-drukkery.  En iewers, eendag, gaan ek my lessenaar regpak.

4 thoughts on “Moerse Moeg Maandae

  1. Ek is ook nie ‘n dagmens nie – en hel dis moeilik om logies te dink voor 10vm. Maar toe besluit ek die jaar is my gym jaar – nou swem ek soggens tussen 7 en 8, maar om tot by die swembad te KOM – daai is nogal ‘n mission😆

    • Ek het in my derde jaar ‘n gymbuddy gehad – ons het mekaar aangemoedig om te gaan gym. Dit het nogal gewerk. Stem jy saam dat dit ‘n mens soveel beter laat voel as jy wel opgestaan en gaan swem het?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s