’n Sintuiglike week

My poging om weer te begin dagboekhou

Ek is sleg met dagboekhou.  In die verskeie joernale wat in my boekrak bly, is daar wye oop ruimtes waar ek met goeie bedoelings later wou terugskryf.  Tog het ek op ’n keer iemand geken wat hierdie oefening gedoen het:  skryf elke dag vyf dinge neer wat jy beleef het.

Deur een besonderse ding te lys wat ek elke dag gesien,  gehoor, geruik, gevoel en geproe het, hoop ek om weer in die roetine van my joernalery te kom.  Ek gaan elke week dié ervarings wat werklik spesiaal was, hier uitlig.

13-19 Feb 2012

Die duif wat ’n kropvol water in die meulstroom by De Wetsentrum oppik en dan opkyk om dit af te sluk.

 

Die los planke op die Laan se voetgangerbrug wat ritmies kap as ek met my fiets daaroor ry.

 

Die medisyneasem wat my in die deur van die harteenheid by Panorama Hospitaal oorval toe ek Donerdagaand vir Koch wou gaan kuier.

 

Die skielike hitte van die son toe dit oor die muur klim en my rug tydens ontbyt by Java begin bak.

 

Die taaiigheid van die kaassous wat ek en Koch Vrydagaand gemaak het en soos kinders van klitsgoedjies afgelek het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s