Huismaats van hel

Wanneer jou eie huis nie meer veilig is nie

Almal ken stories oor huismaats van hel.  Jy moes sekerlik al luister hoe iemand gebiets het oor daardie één persoon wat hulle wil terugstuur na Satan toe.  En dat hulle nie kan nie, want huur is duur en saamleef is tydelik.

In Junie/Julie 2011 het ek en Koch vir Grietjie in Boston, Massachusetts gaan kuier waar ons gou besef het gehate huismaats is ’n internasionale probleem.  Die twee weke saam met die Wasbeer het gelei tot een van my rubrieke wat in Die Matie verskyn.  Ek deel dit hier:

Om by ’n (Argentynse) wasbeer te bly

Vir twee weke van die Julie-vakansie het ek saam met ’n wasbeer gebly.  Maar wag, ek loop myself nou vooruit.

Vergeet van Lentedag.  1 September is die begin van die jagseisoen op Stellenbosch en almal wat privaat wil bly, is op soek na daardie belangrike permit:  die listing.  En dan’s dit moord en doodslag, want agente háát studente, studente háát agente en, as jy al ooit “vinnig” jou flat vir ’n puntenerige iemand moes wys terwyl jy eintlik vir daai toets moes leer, dan háát studente ook mekaar.

Maar dis die moeite werd, want min dinge beskryf die liefde tussen flatmates wat op 1 Desember hul drome aan gordynstokke hang en in sitkamers van gemengde herkoms die volgende stap in hul vriendskap beklink.  Tot een alweer jou melk gebruik het.  Of sy skottelgoed vir jou wasbeurt gebêre het.  Of, behoede jou, die toiletpapier vergeet het.

Dit bring my by die wasbeer.  In Julie kuier ek en my kêrel by ’n vriendin in Boston. Met ons aankoms waarsku sy dat haar Argentynse huismaat “vreemd” is en, sowaar, na die tweede aand Amerika verstaan ons waarom Adriana Argentyn so gereeld vir huismaats moet soek.

Laat ek verduidelik:  Mense moan gewoonlik oor woonstelmaats wat nie die plek aan die kant kan hou nie.  Ja, jy wil nie sy gym-sak van eergister ruik terwyl jy eet nie en dit is grillerig om saam met iemand anders se beenhare te bad, maar wanneer jy liefs op die agterstoep leef omdat jy te bang is jy trap ’n stofspoor in die huis, dán moet jy weet jy is in woonstel-hel.

In Adriana Argentyn se huis was dit die geval.  Sy is geen Emma Pillsbury nie – ’n germaphobe is in ’n gesteriliseerde klas van sy eie – maar Adriana kon sonder ophou skoonmaak.  En sy doen dit vreesloos, want die gasstoof brand en die boerewors (wel, die Amerikaanse ekwivalent) borrel nog in tamatie- en uiesmoor, dan is sy reeds besig om die stoof blink te vryf.

Gevolglik word sy na Procyon lotor vernoem, eerder om semantiese as  wetenskaplike redes.  Dames en here, Adriana Argentyn is ’n Wasbeer.

Gelukkig sight see ons terwyl sy skoonmaak en dus sien ons haar min.   Maar toe die Wasbeer se familie (en hier word “familie” in sy groter wetenskaplike konteks gebruik) uit Argentinië vir die Fouth of July langnaweek kom kuier, is daar skielik te veel voetjies wat vuiltrap en die Wasbeer crack.  In Engels probeer ons die vrede bewaar, maar Spaans word die taal waarin simpatiek gesoek word en Afrikaans word die taal van die aggressor want wragties, só kan dit nie aangaan nie!

Nadat ons seker gemaak het die skottelgoed is gewas én weggepak, is ons vroegoggend met ’n bus New York toe.  Goodbye en good riddance moes die Wasbeer dink.

Intussen het ons vriendin getrek.  Sy bly nou saam met twee katte waarvan een ’n diabeet is en drie keer ’n week dialise moet ontvang.  Maar dis OK, want ’n siek kat is beter as ’n gesonde Wasbeer.

Dis onwettig om jou woonstelmaat te skiet, so kies mooi voordat jy intrek.  En as jy steeds blyplek kort, ek hoor Adriana Argentyn soek tans iemand…

(Die groter meerderheid van hierdie post verskyn in Die Matie van 5 Oktober 2011 in die rubriek “Kodes uit die Kêns Spens”)

2 thoughts on “Huismaats van hel

  1. Dis darem beter as om saam met iemand te bly wat die vorig aand ge”party” het en glase op die kombuisvloer laat breek het en NET SO gelos het tot die volgende middag 12 uur, wat beteken het jy kan nie vir jou self ontbyt maak of selfs net iets in die kombuis gaan kry sonder om in glasstukke te trap nie. Tensy jy natuurlik gewilig is om die gemors skoon te maak (wat jy reeds voorheen ‘n paar keer gedoen het). Dis ook beter as om iemand se vuil gym sokkies langs sy bord te sien le op die etenstafel😦

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s