Kry ‘n (kreatiewe) kaartjie

(of:  Hoekom ek al heeldag aan Christian Bale dink)

Vandag loop ek ‘n oud-koshuismaat raak.  Die gesels is vinnig; ek is reeds twee mintue laat.  Voordat ons groet, gee hy vir my sy besigheidskaartjie.  Dadelik dink ek aan American Psycho se eindelose uitruil van hierdie klein en essensiële besigheidsbate.  Financial Advisor, sien ek.  Kantore in die CBD.  Sug.

Ek kon vir Stefan (ja, ook ‘n Stephan, maar met ‘n hele wêreld iewers tussen sy ef en my pee-haa) slegs ‘n handdruk gee toe hy ‘n kaartjie verwag.  Die wegstap is minder haastig, want die kortbroek boekseller slash student < die financial advisor in sy suit en tie en aktetas.  Ek wonder wat my besigheidskaartjie sou sê, indien daar een was.  Die gedagte is short lived, want ek het mos my ses woorde.

Tog bly die idee van ‘n besigheidskaartjie by my.  Sonder om dit noodwendig uit te spel, wys Christian Kyk-ek-doen-twee-miljoen-situps Bale en sy kollega’s vir die kyker dat hierdie kaartjie rofweg dieselfde sê as Charles Dickens se oeuvre.  In kort:  dit sê alles.

Stefan se besigheidskaarjie is eenvoudig, elegant en (noodgedwonge?) ekonomies.  Geen geparfumeerde papier, geen gebruik van rare ink, die lettertipe nie uit Amerika bestel nie.  En needless to say, dit het nie diamond-encrusted corners nie.  Nog nie.

Dalk is jy in die proses om ‘n besigheidskaartjie te bedink.  Daarom deel ek die bron van my inspirasie:  Google.  En meer spesifiek, Creattica.  Kyk gerus wat ek op die internet ontdek het en steel met jou oë:

Besigheidskaartjie of nie, dit was vir my lekker om te sien hoe kreatief mense met hierdie klein kunsvorm omgaan.  My gunsteling is ongetwyfeld die verpleegster Annalisa Vargiu s’n.  Hier word vorm en funksie een.  En is die nie waaroor goeie ontwerp gaan nie?

(alle beeldmateriaal is afgelaai vanaf http://creattica.com/ en die oorspronklike ontwerpers behou sekerlik die reg om my gat te skop indien iemand hulle werk steel.  of nie, want hierdie is die internet en life’s unfair, deal with it)    

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s